Uitspraak in Duduzane Zuma-saak word op 12 Julie gelewer

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, sal op 12 Julie hoor of hy aan strafbare manslag en roekelose en natalige bestuur skuldig is aldan nie. Adv. Mike Hellens (SC), Zuma Jr. se regsverteenwoordiger, en adv. Yusuf Baba, staatsaanklaer, het vandag hul slotbetoë in dié saak in die Randburgse landdroshof gelewer. Die saak spruit voort…

AfriForum tevrede dat Duduzane sy dag in die hof gehad het

Duduzane Zuma, seun van voormalige president Jacob Zuma, is vandag in die Randburgse landdroshof onskuldig bevind in die vervolgingsaak vir strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur teen hom. “AfriForum se doel was om seker te maak dat Zuma Jr. soos enige ander burger teen wie ’n prima facie-saak bestaan, sy saak vir beoordeling in…

Geregtelike ondersoek uitgestel: Adv. Gerrie Nel in hof teen Ford

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hoë hof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Ford-motormaatskappy is ook ’n party tot die…

Hof bevind Duduzane Zuma onskuldig op twee aanklagte

Hof bevind Duduzane Zuma onskuldig op twee aanklagte

Duduzane Zuma (38), seun van oudpres. Jacob Zuma, is vandag in die Randburgse landdroshof vrygespreek op aanklagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur. Landdros Tebogo Thupaatlase het in sy uitspraak gesê die staat kon nie bo redelike twyfel bewys dat Zuma skuldig is aan strafbare manslag of dat hy op die aand van…

Ondersoek na Kuga-sterfgeval: Adv. Gerrie Nel in hof teen Ford

Bewysstukke in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy is op 18 en 19 Maart 2019 in die Wes-Kaapse hoë hof voorgelê. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het namens die Jimmy-gesin verskyn. Jimmy is in Desember 2015 oorlede toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Die Ford-motormaatskappy…

Adv. Gerrie Nel in hof teen Ford: Só verloop dit tot dusver

Getuienis is vandeesweek in die Wes-Kaapse hoë hof gelewer in die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy wat in Desember 2015 doodgebrand het toe die Ford Kuga wat hy bestuur het na bewering aan die brand geslaan het. Dié ondersoek sal bepaal of Ford vir Jimmy se dood vervolg kan word. Maandag sou Jimmy se verjaardag…

Ondersoek na Kuga-sterfgeval: Adv. Gerrie Nel in hof teen Ford (Dag 3)

Op 20 Maart 2019 is getuienis in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy in die Wes-Kaapse hoë hof voortgesit. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het namens die Jimmy-gesin verskyn. Jimmy is in Desember 2015 oorlede toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Die Ford-motormaatskappy is ook…

Geregtelike doodsondersoek na Kuga-oorledene: Ford-deskundige getuig

John David Loud (’n Amerikaanse ingenieur), Ford se deskundige getuie, het vandag in die Wes-Kaapse hoë hof in die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy getuig. Volgens hom kon daar verskeie oorsake wees van die brand in die Ford Kuga waarin Jimmy in 2015 doodgebrand het. Loud gaan môre verder getuienis lei. “AfriForum se privaatvervolgingseenheid sien…

Amerikaanse deskundige getuig in Ford Kuga-saak

Die saak tussen die Jimmy-familie en die Ford-motormaatskappy is vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verskyn vandeesweek namens die Jimmy-gesin in die hof in die geregtelike doodsondersoek van Reshall Jimmy (32). Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand…

End of content

End of content