AfriForum tevrede dat Duduzane sy dag in die hof gehad het

Duduzane Zuma, seun van voormalige president Jacob Zuma, is vandag in die Randburgse landdroshof onskuldig bevind in die vervolgingsaak vir strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur teen hom.

“AfriForum se doel was om seker te maak dat Zuma Jr. soos enige ander burger teen wie ’n prima facie-saak bestaan, sy saak vir beoordeling in ’n hof moet stel. AfriForum het in hierdie doelwit geslaag en berus by die hof se besluit,” sê Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie vir Zuma Jr. in verband met ’n motorongeluk op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng – waarin Phumzile Mekelina Dube, ’n jong vroulike passasier, op slag dood is – te vervolg nie. Nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid aansoek gedoen het om Zuma Jr. privaat te vervolg, het die NVG egter sy aanvanklike besluit omgekeer en vervolging ingestel.

Similar Posts