Adv. Gerrie Nel gaan lid van Zuma-binnekring privaat vervolg
Adv. Gerrie Nel en AfriForum maak ‘n aankondiging oor die privaat vervolging van ’n prominente persoon in president Jacob Zuma se binnekring.
Die burgerregtewaghond AfriForum se aansoek teen die minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) se vroeëre besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe – die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe – toe te staan, sal op 10 en 11 Mei 2018 in die hoë hof in Pretoria aangehoor word. Dié hofaansoek is die eerste belangrike stap in ’n…
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hoë hof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Ford-motormaatskappy is ook ’n party tot…
Duduzane Zuma (38), seun van oudpres. Jacob Zuma, is vandag in die Randburgse landdroshof vrygespreek op aanklagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur. Landdros Tebogo Thupaatlase het in sy uitspraak gesê die staat kon nie bo redelike twyfel bewys dat Zuma skuldig is aan strafbare manslag of dat hy op die aand van…
Thandi Modise, voormalige voorsitter van die nasionale raad van provinsies en tans speaker vir die nasionale raad, sou vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse streekshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling. Haar regspan het egter aangevoer dat sy weens haar verantwoordelikhede as parlementêre speaker en voorsittende beampte by president Ramaphosa se staatsrede in Kaapstad…
Grace Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, se diplomatieke immuniteit is in die Johannesburgse hooggeregshof tersyde gestel. Uitspraak in dié saak is vroeër in die Noord-Gautengse hoë hof voorgehou in AfriForum se aansoek teen die minister van internasionale betrekkinge en samewerking se vroeëre besluit om diplomatieke immuniteit aan Mugabe toe te staan. Die aansoek was die…
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het druk op sowel Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, as die SAPD geplaas nadat geen stappe aanvanklik teen ’n onderwyser van die Aha-Thuto Sekondêre Skool geneem is wat na bewering ’n 14-jarige skoolmeisie verkrag het nie. Dié onderwyser is (volgens bronne by die skool) van die skoolgrond verwyder en die polisie…