Adv. Gerrie Nel gaan lid van Zuma-binnekring privaat vervolg
Adv. Gerrie Nel en AfriForum maak ‘n aankondiging oor die privaat vervolging van ’n prominente persoon in president Jacob Zuma se binnekring.
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hoë hof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Ford-motormaatskappy is ook ’n party tot…
AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van die burgerregte-organisasie se privaatvervolgingseenheid, Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, namens die NDBV privaat gaan vervolg. Die NDBV het in Julie 2014 ’n klagte ontvang en op een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat…
AfriForum het vandag sy Vervolg Zuma-veldtog van stapel gestuur. Die burgerregte-organisasie het as deel van hierdie veldtog ’n petisie ter ondersteuning van die vervolging van Jacob Zuma geloods. Die doel van dié petisie is om druk op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te plaas om Zuma strafregtelik te vervolg. “Die kultuur van straffeloosheid wat heers –…
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag in die Randburgse landdroshof verskyn in ‘n geregtelike ondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Die landdros gaan op Maandag 21 Januarie 2019 uitspraak gee rakende AfriForum se aansoek dat die geregtelike doodsondersoek gestaak word. Karegeya, wat asiel in Suid-Afrika gesoek…
Die Suid-Gautengse hoë hof het vandag bevind dat Maite Nkoana-Mashabane, voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, se besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe te verleen, ter syde gestel moet word. AfriForum, Gabriella Engels en verskeie ander partye het ’n tersydestellingsaansoek in hierdie verband gebring. Regter Bashier Vally, wat in Meimaand argumente aangehoor het…
Die spoed waarteen Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, op die noodlottige dag gery het toe sy Porsche 911 op die M1-suid teen ’n minibus-taxi gebots het, was vandag die fokus van die verhoor in Randburgse landdroshof waarin hy op ’n klag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur verskyn het. Zuma was…