Lasbrief uitgereik vir Grace Mugabe se inhegtenisneming

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat daar ’n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Grace Mugabe. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom die nuus. “Hierdie is die resultaat van ’n baie lang proses. AfriForum moes eers die howe nader om Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde te laat stel en dit het die…

NVG doen aansoek vir uitlewering van Grace Mugabe ná volgehoue druk deur AfriForum

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is op navraag ingelig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het om aansoek te doen om Grace Mugabe aan Suid-Afrika uit te lewer. Grace Mugabe het in 2017 vir Gabriella Engels, ’n Johannesburgse model, met ’n elektriese verlengingskoord aangerand en ernstig beseer. Die NVG se besluit volg nadat die Suid-Gautengse hoë hof…

Privaat vervolging: Eerste verskyning van bekende Pretoriase sakeman op aanklagte van verkragting

Die privaat vervolging deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid van ’n bekende sakeman in die finansiële bedryf wat van verkragting aangekla word, is vandag in die Pretoria landdroshof tot 13 Junie 2019 uitgestel. Dít volg nadat die verdagte aangedui het dat hy adv. Barry Roux as sy regsverteenwoordiger wil aanstel en adv. Roux nie vandag beskikbaar was…

Gerrie Nel in hof oor geregtelike ondersoek na dood van voormalige Rwandese intelligensiehoof

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag in die Randburgse landdroshof verskyn in ‘n geregtelike ondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Die landdros gaan op Maandag 21 Januarie 2019 uitspraak gee rakende AfriForum se aansoek dat die geregtelike doodsondersoek gestaak word. Karegeya, wat asiel in Suid-Afrika gesoek…

Gerrie Nel vervolg Thandi Modise op aanklagte van dieremishandeling

AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van die burgerregte-organisasie se privaatvervolgingseenheid, Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, namens die NDBV privaat gaan vervolg. Die NDBV het in Julie 2014 ’n klagte ontvang en op een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat…

Adv. Gerrie Nel wil vervolg na dood van voormalige Rwandese intelligensiehoof

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag in die Randburgse streekhof verskyn in ’n geregtelike doodsondersoek van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Karegeya is op 31 Desember 2013 verwurg en dood in sy hotelkamer by die Michelangelo Hotel in Sandton gevind. Hy het asiel in Suid-Afrika gesoek nadat hy…

AfriForum dwing getuies in Thandi Modise-saak om mondelinge verklarings af te lê

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Bejani Chauke en kapt. Tebogo Mokolobate kragtens artikel 205 van die Strafproseswet gedagvaar om vandag in die Potchefstroomse landdroshof te verskyn om die vervolgingspan van wesenlike en toepaslike inligting in die saak teen Thandi Modise te voorsien. Chauke en Mokolobate is getuies in AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se privaat…

AfriForum behaal oorwinning in hof: Geregtelike doodsondersoek na Rwandese intelligensiehoof moet gestaak word

Landdros Mashiane Mathopa het vandag in die Randburgse landdroshof beslis dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se geregtelike doodsondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda, gestaak moet word. Dít volg nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, ’n aansoek namens Karegeya se familie in hierdie verband gebring het….

Privaat vervolging van Thandi Modise: Verrigtinge tot 6 Mei uitgestel

Bejani Chauke, pres. Cyril Ramaphosa se raadgewer, en kapt. Tebogo Mokolobate moes op 29 April 2019 in die Potchefstroomse landdroshof verskyn óf arrestasie in die gesig staar. Hulle is as getuies in die privaat vervolging van Thandi Modise gedagvaar, waar AfriForum se privaatvervolgingseenheid namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) optree. Chauke het wel in die hof verskyn en…

Voormalige Rwandese intelligensiehoof se moordenaars kan nou vervolg word

Die ondersoekbeampte in die moordsaak van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda, moet binne 14 dae aandui watter stappe hulle gedoen het om die verdagtes in dié saak te arresteer. Dít volg nadat landdros Mashiane Mathopa vandag in die Randburgse landdroshof beslis het dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se geregtelike doodsondersoek na die…

End of content

End of content