Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit ter syde gestel

Die Suid-Gautengse hoë hof het vandag bevind dat Maite Nkoana-Mashabane, voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, se besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe te verleen, ter syde gestel moet word. AfriForum, Gabriella Engels en verskeie ander partye het ’n tersydestellingsaansoek in hierdie verband gebring.
Regter Bashier Vally, wat in Meimaand argumente aangehoor het in die aansoek om die hersiening en tersydestelling van die minister se besluit om diplomatieke immuniteit aan mev. Mugabe te verleen, het bevind dat die minister se besluit ongrondwetlik was en dat sy AfriForum en Engels se regskostes moet dek.

“Ons verwelkom die uitspraak. Hierdie beslissing baan die weg vir die instel van strafregtelike vervolgingstappe teen mev. Mugabe nadat sy verlede jaar vir Engels, ’n Johannesburgse model, met ’n elektriese verlengingskoord aangeval en ernstig beseer het,” sê Willie Spies, AfriForum en Engels se regsverteenwoordiger.

Similar Posts