AfriForum behaal oorwinning teen Grace Mugabe

Grace Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, se diplomatieke immuniteit is in die Johannesburgse hooggeregshof tersyde gestel. Uitspraak in dié saak is vroeër in die Noord-Gautengse hoë hof voorgehou in AfriForum se aansoek teen die minister van internasionale betrekkinge en samewerking se vroeëre besluit om diplomatieke immuniteit aan Mugabe toe te staan. Die aansoek was die…

Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit ter syde gestel

Die Suid-Gautengse hoë hof het vandag bevind dat Maite Nkoana-Mashabane, voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, se besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe te verleen, ter syde gestel moet word. AfriForum, Gabriella Engels en verskeie ander partye het ’n tersydestellingsaansoek in hierdie verband gebring. Regter Bashier Vally, wat in Meimaand argumente aangehoor het…

AfriForum verwelkom regeringsbesluit om nie teen Grace Mugabe-uitspraak te appelleer nie

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering se besluit verwelkom om nie te appelleer teen die Suid-Gautengse hoë hof se uitspraak om Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit ter syde te stel nie. AfriForum verwelkom ook die regering se aanduiding dat dit AfriForum en ander partye se regskoste sal betaal soos die hof gelas het. Volgens…

Lasbrief uitgereik vir Grace Mugabe se inhegtenisneming

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat daar ’n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Grace Mugabe. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom die nuus. “Hierdie is die resultaat van ’n baie lang proses. AfriForum moes eers die howe nader om Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde te laat stel en dit het die…

NVG doen aansoek vir uitlewering van Grace Mugabe ná volgehoue druk deur AfriForum

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is op navraag ingelig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het om aansoek te doen om Grace Mugabe aan Suid-Afrika uit te lewer. Grace Mugabe het in 2017 vir Gabriella Engels, ’n Johannesburgse model, met ’n elektriese verlengingskoord aangerand en ernstig beseer. Die NVG se besluit volg nadat die Suid-Gautengse hoë hof…

Privaat vervolging: Eerste verskyning van bekende Pretoriase sakeman op aanklagte van verkragting

Die privaat vervolging deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid van ’n bekende sakeman in die finansiële bedryf wat van verkragting aangekla word, is vandag in die Pretoria landdroshof tot 13 Junie 2019 uitgestel. Dít volg nadat die verdagte aangedui het dat hy adv. Barry Roux as sy regsverteenwoordiger wil aanstel en adv. Roux nie vandag beskikbaar was…

Gerrie Nel in hof oor geregtelike ondersoek na dood van voormalige Rwandese intelligensiehoof

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag in die Randburgse landdroshof verskyn in ‘n geregtelike ondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Die landdros gaan op Maandag 21 Januarie 2019 uitspraak gee rakende AfriForum se aansoek dat die geregtelike doodsondersoek gestaak word. Karegeya, wat asiel in Suid-Afrika gesoek…

Adv. Gerrie Nel in hof teen Ford: Só verloop dit tot dusver

Getuienis is vandeesweek in die Wes-Kaapse hoë hof gelewer in die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy wat in Desember 2015 doodgebrand het toe die Ford Kuga wat hy bestuur het na bewering aan die brand geslaan het. Dié ondersoek sal bepaal of Ford vir Jimmy se dood vervolg kan word. Maandag sou Jimmy se verjaardag…

Ondersoek na Kuga-sterfgeval: Adv. Gerrie Nel in hof teen Ford (Dag 3)

Op 20 Maart 2019 is getuienis in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy in die Wes-Kaapse hoë hof voortgesit. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het namens die Jimmy-gesin verskyn. Jimmy is in Desember 2015 oorlede toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Die Ford-motormaatskappy is ook…

Geregtelike doodsondersoek na Kuga-oorledene: Ford-deskundige getuig

John David Loud (’n Amerikaanse ingenieur), Ford se deskundige getuie, het vandag in die Wes-Kaapse hoë hof in die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy getuig. Volgens hom kon daar verskeie oorsake wees van die brand in die Ford Kuga waarin Jimmy in 2015 doodgebrand het. Loud gaan môre verder getuienis lei. “AfriForum se privaatvervolgingseenheid sien…

End of content

End of content