AfriForum ondersteun slagoffer se familie teen internasionale korporatiewe boelie Ford

AfriForum ondersteun slagoffer se familie teen internasionale korporatiewe boelie Ford

AfriForum het vandag aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van dié burgerregte-organisasie se privaatvervolgingseenheid, en sy span die Jimmy-familie teen die Ford-motormaatskappy ondersteun. Reshall Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga waarin hy was aan die brand geslaan het. “Die familie het vir bykans drie jaar lank gewag dat die saak ondersoek moet…

Duduzane Zuma staar klag van strafbare manslag in Maart in die gesig ná AfriForum ingryp

Duduzane Zuma staar klag van strafbare manslag in Maart in die gesig ná AfriForum ingryp

Duduzane Zuma, seun van voormalige president Jacob Zuma, het vandag in die Randburgse landdroshof gehoor dat hy op 26 Maart 2019 voor die hof moet verskyn op twee klagtes van strafbare manslag en een klag van nalatige bestuur. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie vir Zuma Jr. in verband met ’n motorongeluk op 1 Februarie 2014…

Klagtes teen provinsiale gesondheidsdepartemente oor meer as R10 miljard se verkwisting
| |

Klagtes teen provinsiale gesondheidsdepartemente oor meer as R10 miljard se verkwisting

AfriForum het sy nasionale veldtog teen wanbesteding in die gesondheidsektor vandag van stapel gestuur. As deel van dié veldtog sal die burgerregte-organisasie in die volgende week al nege provinsies besoek, waartydens strafregtelike klagtes ingevolge Artikel 86(1) van die Openbare Finansiële­bestuurswet, 1999 (Wetno. 1 van 1999) teen nege hoofde van die provinsiale gesondheidsdepartemente ingedien sal word….

Strafregstelsel laat 3-jarige verkragtingslagoffer in die steek: AfriForum vervolg

Strafregstelsel laat 3-jarige verkragtingslagoffer in die steek: AfriForum vervolg

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van dié burgerregte-organisasie se privaatvervolgingseenheid, ’n man privaat gaan vervolg wat sy driejarige kleindogter verkrag het. Privaat vervolging word ingestel omdat die strafregstelsel die slagoffer in die steek gelaat het. Die verkragting en/of seksuele aanranding het in die huis van die slagoffer se…

Adv. Gerrie Nel staan gereed om bekende politieke partyleier te vervolg

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, gaan Julius Malema en sy medebeskuldigdes privaat vir bedrog en tenderkorrupsie vervolg, sou die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nie toegee aan AfriForum se eis dat die saak teen Malema, rakende die destydse korrupte bedrywighede van die maatskappy On-Point Engineering in Limpopo, heringestel word nie. On-Point, waarby Malema…

Ons veg terug!

Ons veg terug!

AfriForum gaan George Bizos se seun privaat vervolg Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hulle die seun van George Bizos, die wêreldberoemde menseregteadvokaat, privaat gaan vervolg. Dit volg nadat Alexis Bizos sy vrou, Monique van Oosterhout, aangerand het en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om hom te vervolg. AfriForum sal privaat vervolging instel…

Zuma moet vervolg word

Zuma moet vervolg word

AfriForum verwelkom die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) se aankondiging om president Jacob Zuma as staatspresident te herroep en voeg by dat die organisasie sy pogings gaan verskerp om toe te sien dat Zuma vervolg word. ’n Veldtog sal eersdaags in dié verband van stapel gestuur word.

AfriForum loods Vervolg Zuma-veldtog

AfriForum het vandag sy Vervolg Zuma-veldtog van stapel gestuur. Die burgerregte-organisasie het as deel van hierdie veldtog ’n petisie ter ondersteuning van die vervolging van Jacob Zuma geloods. Die doel van dié petisie is om druk op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te plaas om Zuma strafregtelik te vervolg. “Die kultuur van straffeloosheid wat heers –…

End of content

End of content