The failures of the ANC and the solution of federalism – November 2022

AfriForum stel tydens ’n ontbytbespreking die burgerregteorganisasie se jongste navorsingsverslag vry. Die verslag som onlangse mislukkings van die ANC op sleutelgebiede van regering op, terwyl dit ook die oplossing vir Suid-Afrika se regeringsprobleme bied in die vorm van verhoogde federalisme. Reiner Duvenage, outeur van die verslag en veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, lei ’n gesprek oor die inhoud van die verslag. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verskaf ’n uiteensetting van AfriForum se federale toekomsplan. Ten slotte gee Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van die Kaapse Forum, ’n aanbieding oor federalisme in die Wes-Kaap.