#StopDieBus-veldtog: AfriForum oorhandig protesbriewe in Pretoria teen aanry van mense na presidensiële inhuldiging
AfriForum het vandag talle protesbriewe van inwoners regoor die land teen die president se versoek – dat munisipaliteite landwyd 18 000 mense na die presidensiële inhuldiging in Pretoria op 25 Mei 2019 moet aanry – by die nasionale departement van samewerkende regering en tradisionele sake in Pretoria ingedien. Die burgerregte-organisasie het ook ’n protesbrief aan die presidensie…