Voormalige Rwandese intelligensiehoof se moordenaars kan nou vervolg word

Die ondersoekbeampte in die moordsaak van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda, moet binne 14 dae aandui watter stappe hulle gedoen het om die verdagtes in dié saak te arresteer. Dít volg nadat landdros Mashiane Mathopa vandag in die Randburgse landdroshof beslis het dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se geregtelike doodsondersoek na die…

Getuies in Thandi Modise-saak weer op 6 Mei in hof

Bejani Chauke, raadgewer van pres. Cyril Ramaphosa, en kapt. Tebogo Mokolobate, het vandag hul opwagting by die Potchefstroomse landdroshof gemaak in AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se privaat vervolging-saak teen Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP). Chauke en Mokolobate is gedagvaar om vandag as getuies in dié saak te verskyn….

Moordsaak van voormalige Rwandese intelligensiehoof na NVG terugverwys

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag in die Randburgse landdroshof verskyn in die informele geregtelike ondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Die landdros het die saak tydens hierdie verrigtinge terugverwys na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om te besluit of hulle die verantwoordelike verdagtes, soos beslis…

Onvolledige verklaring laat AfriForum se saak teen Thandi Modise sloer

Toe AfriForum se ondersoekspan gister uiteindelik kapt. Tebogo Mokolobate se verklaring oor die gebeure op Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), se plaas in 2014 ontvang het, het ’n belangrike bladsy ontbreek. Dit was die derde keer dat Mokolobate in die Potchefstroomse landdroshof verskyn het in AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging…

Moordsaak van voormalige Rwandese intelligensiehoof na NVG terugverwys

  “Hierdie uitspraak stuur ’n boodskap aan die polisie en die NVG dat hulle nie kan nalaat om misdadigers te vervolg bloot omdat hulle politieke verbintenisse het nie. Ons hoop dat die NVG nou hul wetlike verpligting sal nakom om hierdie verdagtes tot die volle omvang van die reg te vervolg.” Adv. Gerrie Nel, hoof…

Thandi Modise-verhoor gereed vir privaat vervolging

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, gedagvaar om op 21 Junie 2019 in die Potchefstroomse streekhof op aanklagtes van dieremishandeling te verskyn. Dít volg nadat die privaatvervolgingseenheid verlede jaar aangekondig het dat hulle Modise namens die nasionale dierebeskermingsvereniging (NDBV) privaat gaan vervolg. Die NDBV het in Julie 2014 ’n klagte van…

Thandi Modise se hofverskyning tot Julie uitgestel

Thandi Modise, voormalige voorsitter van die nasionale raad van provinsies en tans speaker vir die nasionale raad, sou vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse streekshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling. Haar regspan het egter aangevoer dat sy weens haar verantwoordelikhede as parlementêre speaker en voorsittende beampte by president Ramaphosa se staatsrede in Kaapstad…

AfriForum dwing getuies in Thandi Modise-saak om mondelinge verklarings af te lê.

  AfriForum het vandag getuies in hul saak teen Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gedwing om mondelinge verklarings in die Potchefstroomse landdroshof af te lê. Dit volg nadat talle diere op haar plaas buite Potchefstroom in 2014 gevrek het weens verhongering en mishandeling.

Thandi Modise in hof; AfriForum en NDBV kondig nuwe saak aan

Thandi Modise in hof; AfriForum en NDBV kondig nuwe saak aan

Thandi Modise, voormalige voorsitter van die nasionale raad van provinsies en tans speaker van die nasionale vergadering, het vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse streekhof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling. Die saak is tot 30 Oktober 2019 uitgestel wanneer Modise op dié klagtes sal pleit. Modise word privaat vervolg deur adv. Gerrie Nel, hoof van…

AfriForum in hof oor Grace Mugabe

Die burgerregtewaghond AfriForum se aansoek teen die minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) se vroeëre besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe – die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe – toe te staan, sal op 10 en 11 Mei 2018 in die hoë hof in Pretoria aangehoor word. Dié hofaansoek is die eerste belangrike stap in ’n…

End of content

End of content