Verkragter se boetestraf geappelleer nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid aan NVG skryf

Verkragter se boetestraf geappelleer nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid aan NVG skryf

Adv. Moipone Noko, direkteur van openbare vervolging vir die Noordwes-afdeling, het gister bekend gemaak dat die staat stappe gaan doen om teen ’n boete-oplegging as straf vir ’n veroordeelde verkragter te appelleer. Dít volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ’n skrywe aan Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), in hierdie verband gerig het. Landdros…

Malema-klagte: NVG se gesloer is betreurenswaardig

Die burgerregte-organisasie AfriForum betreur die feit dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) huiwer om Julius Malema, leier van die EFF, voor die hof te daag om antwoorde te kry op sy oënskynlike kriminele gedrag tydens die EFF se vyfjaarfeesvieringe in 2018 toe hy klaarblyklik skote afgevuur het met ’n voorwerp wat soos ’n aanvalsgeweer lyk. AfriForum…

AfriForum gaan hofaansoek bring om NVG te dwing om Malema te vervolg

AfriForum gaan hofaansoek bring om NVG te dwing om Malema te vervolg

AfriForum gaan ’n mandamus-aansoek in die hof bring om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te verplig om besluite te neem oor die vervolging van Julius Malema, leier van die EFF, rakende drie hangende sake teen hom. Die drie sake sluit in korrupte bedrywighede rondom die maatskappy, On-Point Engineering, Malema se beweerde aanranding van ’n polisieman, asook…

AfriForum gaan hof nader om NVG te dwing om besluit oor vervolging van Malema te neem

Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion aangedui dat hulle die hof gaan nader met ’n mandamus-aansoek om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te verplig om besluite te neem oor die vervolging van Julius Malema, leier van die EFF, rakende drie hangende sake teen hom. Dié drie sake waarin Malema geïmpliseer word, sluit…

Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit ter syde gestel

Die Suid-Gautengse hoë hof het vandag bevind dat Maite Nkoana-Mashabane, voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking, se besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe te verleen, ter syde gestel moet word. AfriForum, Gabriella Engels en verskeie ander partye het ’n tersydestellingsaansoek in hierdie verband gebring. Regter Bashier Vally, wat in Meimaand argumente aangehoor het…

AfriForum verwelkom regeringsbesluit om nie teen Grace Mugabe-uitspraak te appelleer nie

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering se besluit verwelkom om nie te appelleer teen die Suid-Gautengse hoë hof se uitspraak om Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit ter syde te stel nie. AfriForum verwelkom ook die regering se aanduiding dat dit AfriForum en ander partye se regskoste sal betaal soos die hof gelas het. Volgens…

Lasbrief uitgereik vir Grace Mugabe se inhegtenisneming

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat daar ’n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Grace Mugabe. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom die nuus. “Hierdie is die resultaat van ’n baie lang proses. AfriForum moes eers die howe nader om Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde te laat stel en dit het die…

NVG doen aansoek vir uitlewering van Grace Mugabe ná volgehoue druk deur AfriForum

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is op navraag ingelig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het om aansoek te doen om Grace Mugabe aan Suid-Afrika uit te lewer. Grace Mugabe het in 2017 vir Gabriella Engels, ’n Johannesburgse model, met ’n elektriese verlengingskoord aangerand en ernstig beseer. Die NVG se besluit volg nadat die Suid-Gautengse hoë hof…

Privaat vervolging: Eerste verskyning van bekende Pretoriase sakeman op aanklagte van verkragting

Die privaat vervolging deur AfriForum se privaatvervolgingseenheid van ’n bekende sakeman in die finansiële bedryf wat van verkragting aangekla word, is vandag in die Pretoria landdroshof tot 13 Junie 2019 uitgestel. Dít volg nadat die verdagte aangedui het dat hy adv. Barry Roux as sy regsverteenwoordiger wil aanstel en adv. Roux nie vandag beskikbaar was…

Gerrie Nel in hof oor geregtelike ondersoek na dood van voormalige Rwandese intelligensiehoof

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag in die Randburgse landdroshof verskyn in ‘n geregtelike ondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Die landdros gaan op Maandag 21 Januarie 2019 uitspraak gee rakende AfriForum se aansoek dat die geregtelike doodsondersoek gestaak word. Karegeya, wat asiel in Suid-Afrika gesoek…

End of content

End of content