Verslag van ouditeur-generaal toon wanbesteding van belastinggeld
Inkomstebelasting het 36,45% van die totale begroting vir die 2015/2016-begrotingsjaar beloop. AfriForum het die gekonsolideerde algemene verslag oor die nasionale en provinsiale oudituitkomste vir die 2014/2015 finansiële jaar asook die beloftes wat die regering tydens die 2015-begrotingsrede gemaak het, ondersoek om vas te stel of belastingbetalers waarde vir hulle belastinggeld gekry het. Dit is duidelik…