AfriForum loods petisie teen wanbesteding van belastinggeld
AfriForum het ’n omvattende veldtog, #waarvoorbetaalons?, van stapel gestuur om die regering verantwoordbaar te hou vir die wanbesteding van toegedeelde belastinggeld. As deel van dié veldtog word lede van die publiek gevra om hulle name by die amptelike brief te voeg wat AfriForum by die nasionale tesourie wil indien. Dié brief sal aan mnr. Pravin…