Adv. Gerrie Nel gaan lid van Zuma-binnekring privaat vervolg
Adv. Gerrie Nel en AfriForum maak ‘n aankondiging oor die privaat vervolging van ’n prominente persoon in president Jacob Zuma se binnekring.
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het druk op sowel Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, as die SAPD geplaas nadat geen stappe aanvanklik teen ’n onderwyser van die Aha-Thuto Sekondêre Skool geneem is wat na bewering ’n 14-jarige skoolmeisie verkrag het nie. Dié onderwyser is (volgens bronne by die skool) van die skoolgrond verwyder en die polisie…
AfriForum het vandag aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van dié burgerregteorganisasie se privaatvervolgingseenheid, namens die Meyiwa-familie geëis het dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n formele geregtelike ondersoek na die dood van Senzo Meyiwa aanbeveel. AfriForum en die Meyiwa-familie het verlede maand aangekondig dat die burgerregteorganisasie die Meyiwa-familie gaan verteenwoordig. Adv. Nel is aangestel as…
Duduzane Zuma se regspan het vandag twee getuies geroep in die saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur teen hom. Die verdediging het Konrad Lotter, ’n deskundige getuie, geroep, asook Michael Jankelowitz, ’n ooggetuie. Laasgenoemde het getuig dat hy op die snelweg was die aand van die voorval en dat dit baie swaar…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat daar ’n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Grace Mugabe. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom die nuus. “Hierdie is die resultaat van ’n baie lang proses. AfriForum moes eers die howe nader om Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde te laat stel en dit het die…
Die ondersoekbeampte in die moordsaak van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda, moet binne 14 dae aandui watter stappe hulle gedoen het om die verdagtes in dié saak te arresteer. Dít volg nadat landdros Mashiane Mathopa vandag in die Randburgse landdroshof beslis het dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se geregtelike doodsondersoek na die…
Landdros Mashiane Mathopa het vandag in die Randburgse landdroshof beslis dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se geregtelike doodsondersoek na die dood van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda, gestaak moet word. Dít volg nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, ’n aansoek namens Karegeya se familie in hierdie verband gebring het….