Uncategorized @af Korrupsievasvra/-meningspeiling ByAfriForum 03/12/202409/12/2024 "*" indicates required fields Hierdie jaar is die tema vir Internasionale Teenkorrupsiedag “Verenig met die jeug teen korrupsie” om integriteit in die toekoms te probeer bevorder. Om korrupsie te beveg, moet die publiek egter verstaan wat korrupsie is. Drie opsies word as moontlike antwoorde op hierdie meningspeiling gegee by elk van die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnomer neer. 1. Wat is staatskaping?* a) Wanneer ’n staatsamptenaar se voertuig gekaap word b) Wanneer invloedryke mense of groepe staat sbesluite tot hul eie voordeel beïnvloed c) As parlementslede saam vir foto’s poseer 2. Watter een van die volgende is ’n voorbeeld van tenderbedrog?* a) Om ’n tender regverdig en wettig te wen b) ’n Kontrak vir ’n tender wat toegeken word aan ’n maatskappy met geen ondervinding nie, maar wat die regte politieke konneksies het c) Wanneer ’n maatskappy ’n tender ontvang om slaggate reg te maak, maar hulle slegs nuwe lyne verf 3. Wat was die grootste korrupsieskandaal in Suid-Afrika se geskiedenis?* a) Die Suid-Afrikaanse wapenskandaal b) Die Guptas en staatskaping c) Die Steinhoff-bedrogspul 4. Wat is die beste manier om korrupsie anoniem in Suid-Afrika aan te meld?* a) Kontak ’n betroubare teenkorrupsieorganisasie. b) Skryf ’n brief en stuur dit aan president Cyril Ramaphosa. c) Plaas die korrupsiebewerings op sosiale media en stuur dit dadelik as ’n kettingboodskap aan. 5. Watter invloed het korrupsie op die daaglikse lewe van Suid-Afrikaners?* a) Dit lei tot swak dienslewering, werksverliese en verhoogde armoede. b) Dit beïnvloed slegs ryk mense. c) Dit lei tot goeie dienslewering, verhoogde indiensneming en die verligting van armoede. 6. Watter een van die volgende is ’n rooi vlag wat moontlike geldwassery aandui?* a) Gereelde groot transaksies sonder enige verduideliking b) Die onverwagte of onverklaarbare sluiting van bankrekeninge c) Al die bogenoemde 7. Wat beteken die begrip omkoopgeld in die konteks van korrupsie?* a) ’n Geldeenheid, soos die Suid-Afrikaanse rand, wat by ’n grenspos omgeruil word vir ’n ander geldeenheid, soos die Europese euro b) Geld wat in die geheim gegee word in ruil vir ’n guns, soos die toekenning van ’n kontrak c) Geld wat in die openbaar gegee word in ruil vir dienslewering 8. Wat was Suid-Afrika se telling in 2023 se korrupsiepersepsie-indeks, op ’n skaal van 0 tot 100? (0 = baie korrup en 100 = baie skoon)* a) 21 uit 100 b) 81 uit 100 c) 41 uit 100 9. Hoeveel geld is die laaste 20 jaar aan korrupsie verloor in Suid-Afrika?* a) R600 miljard b) R2 triljoen c) R600 miljard tot R2 triljoen 10. Wat gebeur op 9 Desember 2024?* a) Dit is ’n Maandag. b) Dit is ’n blou Maandag. c) Internasionale Teenkorrupsiedag. CommentsThis field is for validation purposes and should be left unchanged. Post Views: 385