Stop Lesufi se korrupsie!

AfriForum het ’n klag van korrupsie by die SAPD gelê. Dit volg op die Gautengse regering se onregmatige toekenning van ’n kontrak aan die IT-maatskappy In2IT, met wie Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir Onderwys, nou bande het.

AfriForum is bekommerd oor die feit dat Lesufi noue vriendskapsbande het met Tshepo Mokoena, een van In2IT se direkteure. Mokoena sou dus volgens AfriForum direk voordeel trek uit die kontrak wat onregmatig deur die Gautengse regering toegeken is.

Nog ’n direkteur van In2IT, Memme Maria Siyo, is volgens onlangse rekords nog in diens van die Staatsveiligheidsagentskap. Die regering se gedragskode verbied enige staatsamptenaar om met die regering besigheid doen.

Dawid Mogashoa, voorsitter van die Swallows (dieselfde klub waarvan Lesufi die president is), se maatskappy Bahwiti het ook ’n kontrak om motorbande aan die regering te verskaf.

AfriForum hoop dat ’n volledige polisieondersoek groter duidelikheid sal bring oor die ernstige vrae wat oor die toekenning van die tender aan In2IT ontstaan het, en dat diegene vervolg sal word wat onwettig opgetree het.

Help AfriForum om korrupte bedrywighede wat jóú belastinggeld steel, stop te sit! Steun hierdie aksie.

Oops! We could not locate your form.

Similar Posts