Zuma moet vervolg word

Zuma moet vervolg word

AfriForum verwelkom die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) se aankondiging om president Jacob Zuma as staatspresident te herroep en voeg by dat die organisasie sy pogings gaan verskerp om toe te sien dat Zuma vervolg word. ’n Veldtog sal eersdaags in dié verband van stapel gestuur word.

OB ondersoek Mbalula se Dubai-reis op AfriForum se versoek
|

OB ondersoek Mbalula se Dubai-reis op AfriForum se versoek

AfriForum is deur ’n verteenwoordiger van Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), se kantoor in kennis gestel dat die OB op versoek van dié burgerregtewaghond besluit het om ’n ondersoek te loods aangaande die befondsing van ’n reis van Fikile Mbalula, voormalige minister van sport en ontspanning. Dié ondersoek sal gedoen word in ooreenstemming met die…

AfriForum moedig staatsamptenare aan om korrupsie te rapporteer
|

AfriForum moedig staatsamptenare aan om korrupsie te rapporteer

Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag ’n veldtog van stapel gestuur waarmee staatsamptenare aangemoedig word om enige korrupsie verwante klagtes by sy teenkorrupsie-eenheid aan te meld. AfriForum het ook hierdie week ’n nuwe webtuiste (www.stopkorrupsie.co.za) geloods waar korrupsie aangemeld kan word. “Korrupsie is ’n ernstige bedreiging vir ons land se toekoms en het dus ’n uitwerking…

AfriForum kla binnekort departemente vir miljarde rande se wanbesteding aan
|

AfriForum kla binnekort departemente vir miljarde rande se wanbesteding aan

Die burgerregte-organisasie gaan binnekort verskeie nasionale staatsdepartemente strafregtelik aankla vir beweerde wanbesteding van meer as R16 miljard gedurende die 2015/2016 geldjaar. AfriForum het pas ’n omvattende verslag bekend gemaak waarin die wanbesteding uiteengesit is. Die grootste sondebokke is die departemente van vervoer, water en sanitasie en basiese onderwys. Dié drie is gesamentlik vir wanbesteding van…

AfriForum-verslag toon wanbesteding van R16 miljard deur nasionale departemente
|

AfriForum-verslag toon wanbesteding van R16 miljard deur nasionale departemente

AfriForum het vandag as deel van sy nasionale fluitjieblaserveldtog ’n verslag bekend gestel wat die totale opgelope wanbesteding van R16 miljard deur nasionale departemente tydens die 2015/2016-finansiële jaar blootlê. Die nasionale departemente van vervoer; water en sanitasie (DWS) en basiese onderwys is die grootste oortreders wat gesamentlik vir die wanbesteding van bykans R9 miljard verantwoordelik…

Cyril Ramaphosa weerspreek homself
|

Cyril Ramaphosa weerspreek homself

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag bekend gemaak dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa AfriForum se gesamentlike hofaansoek in die Konstitusionele Hof teenstaan. Dít volg nadat AfriForum, die Quaker Vredesentrum en die F.W. de Klerk Stigting op 8 Junie vanjaar ’n aansoek in die Konstitusionele Hof gebring het om ’n bevel te bekom om Ramaphosa te gelas om…

| |

Organisasies verenig: Adjunkpresident moet ’n kommissie van ondersoek instel

  Die burgerregtewaghond AfriForum, die Quaker Peace Centre en die FW de Klerk Stigting het vandag ’n aansoek in die Konstitusionele Hof gebring om Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika se adjunkpresident, te gelas om ’n kommissie van ondersoek in te stel om bewerings van staatskaping of ’n stille coup te ondersoek.  In hul aansoek versoek die organisasies…

Stel ’n kommissie van ondersoek in
| |

Stel ’n kommissie van ondersoek in

Organisasies verenig: Adjunkpresident moet ’n kommissie van ondersoek aanstel Die burgerregtewaghond AfriForum, die Quaker Peace Centre en die FW de Klerk Stigting het vandag ’n aansoek in die Konstitusionele Hof gebring om Cyril Ramaphosa, Suid-Afrika se adjunkpresident, te gelas om ’n kommissie van ondersoek in te stel om bewerings van staatskaping te ondersoek. In hul…

AfriForum stel sy teenkorrupsie-eenheid bekend
|

AfriForum stel sy teenkorrupsie-eenheid bekend

AfriForum het  tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n verslag rakende die beweerde kaping van die strafregstelsel, getiteld ‘Joining the Dots’, vrygestel. Lees die verslag hier AfriForum het  strafregtelike klagtes ingedien teen pres. Jacob Zuma, Ajay Gupta, Tegeta en Eskom se raad, asook teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, en Lynne Brown, minister van openbare ondernemings….

Verslag oor die kaping van die strafregstelsel vrygestel
| |

Verslag oor die kaping van die strafregstelsel vrygestel

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n verslag rakende die beweerde kaping van die strafregstelsel, getiteld ‘Joining the Dots’, vrygestel. Volgens die verslag, saamgestel deur Paul O’Sullivan, het president Jacob Zuma beheer oor die strafregstelsel verkry om te verseker dat strafregtelike klagtes teen homself, sy familielede en hul vennote ontspoor word. “Aangesien die…

End of content

End of content