AfriForum dien klagtes in weens R967 miljoen-wanbesteding deur KwaZulu-Natal-departement
AfriForum het vandag as deel van sy “Genoeg is Genoeg”-veldtog – wat op Maandag, 18 April afgeskop het – ’n strafregtelike klag ingedien teen dr. Sifiso Mtshali, hoof van KwaZulu-Natal se departement van gesondheid. Dít volg nadat die organisasie die departement se jaarverslag ontleed het en gevind het dat Mtshali ingevolge artikel 86(1) van die…