| |

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen pres. Jacob Zuma en ander hoë staatsamptenare in

 

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes ingedien teen pres. Jacob Zuma, Ajay Gupta, Tegeta en Eskom se raad, asook teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, en Lynne Brown, minister van openbare ondernemings. Dit volg na die voormalige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, se staatskapingsverslag Woensdag bekendgemaak is.

 “Die staatskapingverslag dien as prima facie-bewys dat die bogenoemde persone en amptenare se optrede moontlik onwettig mag wees en dat hulle moontlik skuldig is aan ’n paar misdade, insluitend, maar nie noodwendig beperk tot bedrog, diefstal, korrupsie en geldwassery,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

Taute sê voorts dat AfriForum van mening is dat Zuma afgedank moet word aangesien hy ’n enorme verleentheid vir die land is.

AfriForum moedig die publiek aan om die organisasie se geveg teen korrupsie te ondersteun deur ’n SMS met hul naam en “Korrupsie” na 38312 te stuur om op dié wyse R10 tot die teenkorrupsiefonds by te dra.

Similar Posts