Adv. Gerrie Nel gaan lid van Zuma-binnekring privaat vervolg
Adv. Gerrie Nel en AfriForum maak ‘n aankondiging oor die privaat vervolging van ’n prominente persoon in president Jacob Zuma se binnekring.
Adv. Moipone Noko, direkteur van openbare vervolging vir die Noordwes-afdeling, het gister bekend gemaak dat die staat stappe gaan doen om teen ’n boete-oplegging as straf vir ’n veroordeelde verkragter te appelleer. Dít volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ’n skrywe aan Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), in hierdie verband gerig het. Landdros…
Julius Malema, leier van die EFF, het vandag ná volgehoue druk deur AfriForum in die Oos-Londense streekhof verskyn vir die afvuur van skote. Die verhoordatum is vir 24 Februarie 2020 vasgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder genoegsame rede, asook die besit…
AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van dié burgerregte-organisasie se privaatvervolgingseenheid, ’n man privaat gaan vervolg wat sy driejarige kleindogter verkrag het. Privaat vervolging word ingestel omdat die strafregstelsel die slagoffer in die steek gelaat het. Die verkragting en/of seksuele aanranding het in die huis van die slagoffer se…
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het vandag aangekondig dat AfriForum met regstappe begin het om Duduzane Zuma, seun van president Jacob Zuma, privaat op ’n strafregtelike klag van strafbare manslag te vervolg. Die vervolging hou verband met ’n motorongeluk wat op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng deur Zuma…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat daar ’n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van Grace Mugabe. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, verwelkom die nuus. “Hierdie is die resultaat van ’n baie lang proses. AfriForum moes eers die howe nader om Mugabe se diplomatieke immuniteit tersyde te laat stel en dit het die…
AfriForum het vandag aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van dié burgerregte-organisasie se privaatvervolgingseenheid, en sy span die Jimmy-familie teen die Ford-motormaatskappy ondersteun. Reshall Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga waarin hy was aan die brand geslaan het. “Die familie het vir bykans drie jaar lank gewag dat die saak ondersoek moet…