Adv. Gerrie Nel gaan lid van Zuma-binnekring privaat vervolg
Adv. Gerrie Nel en AfriForum maak ‘n aankondiging oor die privaat vervolging van ’n prominente persoon in president Jacob Zuma se binnekring.
“Hierdie uitspraak stuur ’n boodskap aan die polisie en die NVG dat hulle nie kan nalaat om misdadigers te vervolg bloot omdat hulle politieke verbintenisse het nie. Ons hoop dat die NVG nou hul wetlike verpligting sal nakom om hierdie verdagtes tot die volle omvang van die reg te vervolg.” Adv. Gerrie Nel, hoof…
Adv. Moipone Noko, direkteur van openbare vervolging vir die Noordwes-afdeling, het gister bekend gemaak dat die staat stappe gaan doen om teen ’n boete-oplegging as straf vir ’n veroordeelde verkragter te appelleer. Dít volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ’n skrywe aan Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), in hierdie verband gerig het. Landdros…
Julius Malema, leier van die EFF, het vandag ná volgehoue druk deur AfriForum in die Oos-Londense streekhof verskyn vir die afvuur van skote. Die verhoordatum is vir 24 Februarie 2020 vasgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder genoegsame rede, asook die besit…
Die burgerregte-inisiatief AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering se besluit verwelkom om nie te appelleer teen die Suid-Gautengse hoë hof se uitspraak om Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit ter syde te stel nie. AfriForum verwelkom ook die regering se aanduiding dat dit AfriForum en ander partye se regskoste sal betaal soos die hof gelas het. Volgens…
Die burgerregtewaghond AfriForum se aansoek teen die minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) se vroeëre besluit om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe – die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe – toe te staan, sal op 10 en 11 Mei 2018 in die hoë hof in Pretoria aangehoor word. Dié hofaansoek is die eerste belangrike stap in ’n…
AfriForum het vandag getuies in hul saak teen Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gedwing om mondelinge verklarings in die Potchefstroomse landdroshof af te lê. Dit volg nadat talle diere op haar plaas buite Potchefstroom in 2014 gevrek het weens verhongering en mishandeling. Post Views: 941