Gabriella Engels en AfriForum bring hofaansoek teen Mugabe en minister
AfriForum het vandag ’n hersieningsaansoek by die Noord-Gautengse hoë hof ingedien waarin die hof gevra word om mev. Maite Nkoana-Mashabane, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, se besluit om diplomatieke immuniteit aan die Zimbabwiese presidentsvrou, mev. Grace Mugabe, toe te staan, ter syde te stel. Volgens die eedsverklaring van mej. Gabriella Engels, wat deur mev….